Meer Oor Himne

Hallo, ek is Himne

My fiksheidsreis het begin uit ’n diep begeerte om gesonder, sterker en gelukkiger in my vel te voel. Ek het self meer as 30 kg en vier broekgroottes verloor – iets wat my lewe totaal verander het.

Hierdie pad het my geleer dat dit nie net oor gewig gaan nie, maar oor selfvertroue, energie en die vreugde om gemaklik in jou eie vel te wees. Uit hierdie ervaring het my passie ontstaan om vroue te help om weer goed te voel oor hulleself – binne én buite. Om hulle kroon reg te trek en die lewe aan te pak met selfvertroue.

Ek weet hoe dit voel om moedeloos te wees, maar ek weet ook hoe dit voel om deur te druk en jou doelwitte te bereik. Daarom het ek “Fiks saam met Himne” begin – om ’n ruimte te skep waar jy nie alleen is nie, maar waar ons saam stap, oefen, kosmaak, leer en groei. Waar ons ’n volhoubare leefstyl kan kweek sonder ekstreme diëte of onrealistiese doelwitte wat jou net meer moedeloos maak.

Die beste deel? Jy hoef nie ’n gimnasium toe te gaan of ure te spandeer nie. Ek bied 30-minute live fiksheidssessies, wat jy enige tyd van die dag kan doen, in die gerief van jou eie huis. Dis kort, effektief en ontwerp om jou liggaam en jou selfvertroue te bou – tree vir tree. Dis aanlyn, met beginnersvriendelike opsies van elke oefening en bekostigbaar. Hier gaan dit nie net oor oefening nie, maar oor ’n leefstyl, ’n gemeenskap en die vreugde van gesonde verandering.

Ons liggaam is ons tempel en jou vir ewig huis. Dis ’n lewenslange reis. As jy nie nou in jou gesondheid belê nie, gaan jy later die prys betaal. Spierbou is jou bankrekening vir die toekoms.

My program het reeds honderde vroue gehelp om dieselfde te ervaar. En ek glo: as ek dit kon doen, kan jy ook.

Kom sê hallo, en laat ek jou help om jou eie reis te begin.

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop