Gereelde Vrae

Hoe werk die sessies?

Ek bied elke weeksdag ’n 30-min "live" oefensessie aan – spesiaal vir vroue. Elke dag is daar iets nuuts, en jy kry die video teen 08:00 op WhatsApp. Jy kan dit doen wanneer dit jou pas – selfs die volgende oggend vroeg. Die video bly vir 2 weke beskikbaar.

Wat het ek nodig om saam te oefen?

2 handgewigte (dumbbells), ’n oefenmat, n toestel met internet om die YouTube-skakel oop te maak. (selfoon, rekenaar of TV)

Watter tipe oefening is dit?

Ons fokus elke dag op ander spiergroepe: bolyf, onderlyf, vollyf, hoë intensiteit en Tabata. Moenie bekommer as jy ’n beginner is nie – elke oefening het ’n maklike beginnersvriendelike opsie ook. En vir dié wat meer gevorderd is vat jy die gevorderde opsie met swaarder gewigte.

Hoe bly ek gemotiveerd?

Jy word deel van ons gemeenskap van vroue en WhatsApp-groep waar ons mekaar motiveer en aanspreeklik hou. Jy kan ook kies vir ’n admin-groep as jy minder gesels verkies. Ek gee ook persoonlike raad, hulp en ondersteuning.

Kry en ‘n eetplan met resepte en fotos?

Ja. Dis gratis ingesluit. Jy kry ook baie ekstra raad en inligting rondom kos en ‘n gesonde leefstyl. Ons doen ook 2 maal per jaar 'n uitdaging en kompetisie waar jy 'n nuwe eetplan ontvang. Datums daarvan sal bevestig word op die gemeenskap.

Watter tipe kos is dit, is die kos duur en sal my gesin kan saam eet?

Hierdie program gaan oor ’n gesonde, volhoubare leefstyl – nie kitsdieëte of onrealistiese verwagtinge nie. Jy kry ’n 6-week eetplan met eenvoudige, gesinsvriendelike resepte wat hoog in proteïen en laag in koolhidrate is. Porsies kan aangepas word vir mans en kinders en met klein veranderinge vir hulle hoef jy nie apart kos te maak nie, maar almal kan saam eet. Jy kan ook uitruil en aanpas soos wat jy wil. Die plan is nie rigied nie en laat ruimte om die kosse te eet wat jy geniet.

Hoe lank gaan dit my vat om gewig te verloor?

Daar is nie een vaste tydlyn nie, want jou liggaam en leefstyl is uniek. Verskeie faktore speel ’n groot rol, soos: • Jou huidige gewig en liggaamsamestelling – hoe meer liggaamsvet jy het, hoe vinniger sien jy aanvanklik resultate. • Jou lengte en ouderdom – jou metabolisme vertraag effens met ouderdom, wat ’n invloed het op hoe vinnig jy vet verbrand. • Jou spiermassa – meer spiere beteken ’n hoër rusmetabolisme, dus brand jy meer kalorieë selfs wanneer jy rus. • Jou konsekwentheid – dit is die belangrikste faktor. As jy konsekwent eet volgens jou plan, gereeld oefen en genoeg rus kry, sal jy resultate sien. Die doel moet wees om dit stadig, gesond en volhoubaar te doen — sodat jy nie net vet verloor nie, maar spierbou en om seker te maak jy tel dit nie net weer op soos met ‘n kitsdieët nie.

Is 30min per dag genoeg of doen jy ander oefening ook?

Ja, 30 minute per dag kan beslis genoeg wees — mits jy die regte tipe oefening doen. Wanneer jy fokus op gewig- of weerstandsoefening (weight training), bou jy nie net spiere nie, maar verhoog jy ook jou metabolisme, wat beteken jy brand kalorieë lank ná jou sessie klaar is. Jy kry uitstekende resultate vir vetverlies, spierdefinisie en algemene fiksheid. Kwaliteit bo kwantiteit: dis nie hoeveel tyd jy spandeer nie, maar hoe slim en konsekwent jy dit doen wat die verskil maak. Indien jy iets ekstra wil doen bevel ek stap aan omdat dit nie jou liggaam onder stress plaas en jou kortisol lag styg nie.

Hoe swaar moet my gewigte wees?

Jy kan begin met wat jy het, indien jy moet koop sal ek aanbeveel dat jy begin met 2 x 3kg of 2 x 4kg handgewigte, dan kan jy later vir jou 2x 5kg of 2 x 6kg aankoop soos jy sterker word.

Wat kos dit?

R219 per maand (met ‘n minimum aansluiting van 2 maande.)

Moet en enige produkte of pille koop?

Nee. Ek beveel slegs die gebruik van TITAN se proteïenpoeier, kreatien en kollageen aan as opsionele aanvullings om jou liggaam te help en ondersteun. Jy kan ook gebruik maak van my afslagkode om direk aanlyn by hulle te bestel. https://titannutrition.co.za/discount/HIMNE15

Hoe werk kansellasie?

Kansellasie kan na jou 2de betaling van R219 per maand gedoen word en 5 werksdae kennis word vereis om te verseker dat betaling betyds gestop word. Jy ontvang 'n epos en watsapp om kansellasie te bevestig.

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop