Aflewerings

 

Alle afleweringsfooie word bereken volgens standaard versendingskoste soos verskaf deur ons sub-gekontrakteerde vervullingsdiensverskaffer en word bepaal deur die totale gewig van die bestelling. Die afleweringsfooi sal by uitklok vertoon en word bevestig op jou bestelbevestiging en faktuur wat per e-pos gestuur word.

Aflewering vind plaas tussen 3 tot 10 werksdae vanaf die datum waarop jou bestelbevestiging gestuur word. Ons waarborg nie aflewering op ’n spesifieke datum of tyd nie.

Bestellings word slegs afgelewer by geldige adresse binne Suid-Afrika. Jy, of die persoon wat namens jou aflewering ontvang, kan gevra word om identifikasie te toon.

Twee pogings sal aangewend word om jou bestelling af te lewer. Indien jy versuim, weier of nalatig is om aflewering te aanvaar, kan jy aanspreeklik wees vir addisionele afleweringskoste. Alternatiewelik mag ons jou bestelling kanselleer en jou terugbetaal, minus reeds aangegane afleweringskoste en ’n redelike administrasiefooi.

 

Voorafbestellings

 

Indien ’n voorafbestel-item saam met ’n in-voorraad item in dieselfde bestelling geplaas word, sal die bestelling slegsversend word op die datum wat op die webwerf vir die voorafbestelling aangedui word. Indien die koper die in-voorraad item vroeër wil ontvang, is ’n addisionele versendingsfooi betaalbaar.

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop