Terugsendings en Uitruilings

 

  1. Defektiewe produkte
    FIKS SAAM MET HIMNE sal slegs aanspreeklik wees vir terugbetaling en terugversendingskoste indien die item defektief gelewer is of nie ooreenstem met die beskrywing op die webwerf of bemarkingsmateriaal nie.

Defekte moet binne 2 (twee) dae vanaf aflewering per WhatsApp of e-pos aangemeld word. Items aangemeld na hierdie periode sal nie as defektief aanvaar word nie en koerierkoste vir die koper se rekening.

  1. Nie-defektiewe produkte
    Nie-defektiewe items kan binne 7 dae vanaf aflewering omgeruil of teruggestuur word, mits:

    2.1.1. die item in oorspronklike toestand en verpakking is, en slegs gepas, nie gedra/gebruik of bevlek is nie;
    2.1.2. oorspronklike pryskaartjies en etikette steeds aangeheg is en dat die item nie verander, herstel, aangepas, ingewerk of beskadig is nie.
  2. Afslag op omruilings
    Wanneer ’n item omgeruil word, geld geen “Ambassadeurs-afslag”, “Eerste koper afslag” of enige huidige/promosie-afslag op die vervangingsitem nie. Slegs die standaard prys op die webwerf is van toepassing.
  3. Verskil in waarde
    Indien die vervangingsitem minder kos as die oorspronklike item, sal ’n FIKS SAAM MET HIMNE-bewys (voucher) uitgereik word vir die verskil. Hierdie bewys is slegs geldig in die FIKS SAAM MET HIMNE aanlynwinkel.

Terugsending


Alle produkte wat teruggestuur word, moet deur ’n betroubare koerierdiens versend word. FIKS SAAM MET HIMNE aanvaar geen verantwoordelikheid vir items wat verlore of beskadig word tydens terugversending nie, tensy anders skriftelik goedgekeur.

Terugbetalings


Terugbetalings sal binne 14 dae verwerk word na voltooiing van die inspeksie van die teruggestuurde produk en sal gemaak word deur dieselfde betaalmetode as die oorspronklike transaksie.

Indien betaling via EFT geskied het, is ’n bewys van bankbesonderhede (bank-geakkrediteerde brief) en ’n kopie van ’n identiteitsdokument nodig vir verifikasie. Geen kontantterugbetalings word gemaak nie.

Geen uitverkoping-/afslag-/promosie-items is terugbetaalbaar nie.

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop